Die finale punt
Die tabel op die skerm wys die finale punt en hoe die punt opgemaak is (dit
is hoe dit aan die student vertoon sal word). As daar waardes is wat weggelaat
is, is dit moontlik om terug te gaan en die waardes by te sit. Daar is twee
tipes veranderings wat aan die finale punt gebring kan word.
- As die onderwyser se punt bygesit moet word dan kan die werkstuk gemerk word
deur na die onderwyser se Bestuur skerm te gaan en op die "Student se
werk" skakel te klik. Enige werkstukke wat nie ingehandig is nie kan ook
gemerk word. As die werk klaar gemerk is skuif die opdrag na Fase 3 toe om die
finale punt te bereken. Op die manier kan ongemerkte opdragte ook gemerk word.
- As 'n ander gewig skema gebruik moet word, skuif die opdrag terug na Fase 3
en die "Bereken Finale Punt" skakel kan geklik word en nuwe gewigte
kan gestel word. As die gewigte gestel is, skuif die opdrag na Fase 4 om die
punte aan die studente te vertoon.