Evaluasie strategie
Daar is 'n paar evaluasie strategië beskikbaar:
- Geen punte toekenning In die tipe opdrag gee studente nie 'n
kwantitatiewe evaluasie nie. Die studente lewer kommentaar maar gee nie 'n
punt nie. Die onderwyser kan wel vir die studente se kommentaar punte gee. Die
punte vorm die basis van die student se finale punt. As die onderwyser nie
punte toeken nie sal daar geen finale punt wees vir die opdrag nie.
- Akkumulatiewe evaluasie. Om evaluasie te vergemaklik, moet elke
opdrag 'n paar "Opdrag Elemente" bevat. Elke element handel oor 'n
sekere aspek van die opdrag . 'n Tipiese opdrag sal tussen 5 en 15 elemente
hê vir kommentaar en evaluasie, dit sal afhang van hoe ingewikkeld en hoe
lank die opdrag is. 'n Klasgenoot opdrag met net een element word toegelaat en
is dieselfde as 'n standaard Moodle opdrag.
Die elemente het die volgende kenmerke:
- Die BESKRYWING van die element. Dit moet duidelik stel watter aspek van
die opdrag word geevalueer. As die evaluasie kwalitatief is, is dit
behulpsaam om te sê wat word beskou as Uitstekend, Gemiddeld of Swak .
- Die SKAAL van die element. Daar is 'n paar gedefinieerde skale. Daar is
van eenvoudige Ja/Nee skale, tot meervoudige skale tot volle persentasie
skale. Kies die skaal om aan te pas by die aantal variasies wat die
element kan hê. Let Wel: die skaal bepaal nie die element se gewig met
die bepaling van die finale punt nie, 'n 2 punt skaal tel dieselfde as 'n
100 punt skaal as hulle dieselfde gewig het...
- Die GEWIG van die element. Met verstek word dieselfde gewig toe geken
aan al die elemente met die berekening van die finale punt. Dit kan
verander word deur belangrike elemente 'n gewig te gee meer as een, en
minder belangrike elemente 'n gewig minder as een. Om die gewig te
verander, verander nie die maksimum van die totale punt nie, die waarde
word bepaal deur die MAKSIMUM PUNT stelling by die klasgenoot opdrag.
Gewigte kan 'n negatiewe gewig kry (daar word nog ge-eksperimenteer met die
stelling).
- Aspekte wat ingesluit moet word. Die elemente sal items of aspekte
beskryf wat ingesluit moet word by die opdrag. Die evaluasie word gebaseer op
die feit dat elemente ingesluit is of nie. Die onderwyser moet 'n tabel opstel
met voorgestelde punte wanneer al die aspekte ingesluit is, as een nie
ingesluit is nie, as twee nie ingesluit is nie, ens. As party items belangriker
is as ander kan hulle 'n gewig kry van groter as een. Minder belangriker
items kan 'n gewig kry van minder as een. Die totale "fout
optelling" is die som van die gewig van alle items wat weggelaat is. Die
persoon wat die werk evalueer kan altyd klein verstellings maak aan die gewig.
- Evaluasie kriteria. Die elemente sal elk 'n stel "vlak"
stellings hê wat gebruik kan word om die opdrag mee te evalueer. Die
stellings kan akumulatief wees of self behoudend. Die evalueerder moet besluit
watter stelling pas die beste by die opdrag. Die onderwyser moet vit elke
stelling 'n punt gee. Dit sal normaalweg in rangorde volg. Die evalueerder kan
klein verstellings maak aan die punte.